1025) Jesus Lebt
teen ’n ou gebou
in giessen duitsland
is die woorde uitgekerf
spierwit vertel dit
Jesus Lebt
wie is hierdie Jesus
wie se naam ek
oraloor sien
van land tot land
dit moet tog
iets beteken
waarom skryf ons die naam
op mure en glase
ons is sekerlik
nie dwase
die wat wil weet
sal sekerlik lewe
wie sê die lewe
kan ons nie lewe
die lewe het ’n doel
in die boek
van die lewe
is die antwoord
JESUS LEBT
Leave a Reply
Be the First to Comment!