1032) vrou wat ween

1032) vrou wat ween

dit was vroegnag gewees
toe die vroue
bymekaar gekom het

die man met die goue hart
was in gevaar
hulle sal hul lewens gee
om hom te red

hulle pleit by die hoogste
hulle fel hulle neer
in die stof van vernedering

hy kyk op hulle neer
en sê
die tyd is bepaal

huilend val hulle
in die ry
en volg die bloedspoor
na Golgota

Jesus gaan sterf
om weer te lewe

ons gaan sterf
om weer te lewe !

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz