1055) hoe sy hom gevang het

1055) hoe sy hom gevang het

sy was in standerd 8
en was ‘n vurige meisie
sy het ‘n rooi resiesfiets
met ‘n nege tand
kok gehad

hy het met die escourt
langs haar stilgehou
by die rooi robot
hy het geref ref
want hy het gehou van spoed

toe vang sy oog egter
die kort rooi netbalrokkie
met die lang bruin been
dis toe dat hy opkyk

en sien toe die twee
hemelblou oë
teen die wit kumulus wolke
sy lag vir die escourt
en sê: ek is vinniger as jy

die rook het getrek
toe hulle wegtrek
hulle het 3 kinders
in drie jaar gehad

sy was vinnig

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz