1089) soos kraanvoëls

1089) soos kraanvoëls

miskoeke op ‘n hoop pak

staan die reghoek hyskrane
teen die sonsopkoms
om blokke op te stapel

om die uitsig
op my geliefde land
te versper

ek kan niks doen nie

ek is ‘n geroeste standbeeld
wie se voete
al verkrummel het

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz