in die fel son
sweetdruppels biggel
en rol
van jou borste
jy rol om en
die sand bedek
jou naaktheid
die kameras kliek
soos kiewiete
hier tussen die duine
jou dowwe oë verklap
jy gaan betaal
vir die voorblad
jy het weer gewys
jy was al driekeer
voorbladmeisie
Leave a Reply
Be the First to Comment!