1096) kom ons maak liefdes drankies

1096) kom ons maak liefdes drankies

sê sy

en gooi ’n aarbei
in die mixer
’n bietjie joghurt
’n bietjie vodka
’n bietjie goue stroop

beslis ’n meisie
met oorspronklikheid
sê ek vir myself

heerlik, sê ek
terwyl ek die
liefdes drankie
suip

haar oë blink toe sy
die volgende liefdes drankie
begin maak

’n appel, ’n peer
’n raap, ’n aarbei
’n aartappel, ’n ui
drie stukke brokollie
6 tots naghtmuziek

trots gee sy vir my
’n glasie groen slym

ek moes ’n draai gaan loop
en is sommer by die voordeur uit

haar ouma se raad werk altyd

as hulle lastig raak
nooi hulle vir die

liefdesdrankie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz