1107) die mierkoningin is moerig
sy lê nie meer genoeg eiers nie,
sy het nou net 50 van
haar ou minnaars afgesê,
hulle is nou lank in die land
hulle is al oor die 60
en het begin taan
sy gooi toe ‘n paartie
en nooi ‘n handvol
ses potige veriele miere
en ook 10 twee potige chippendales
die sespotige miermanne
kan breakdance, ruk en rol
sakkie-sakkie en twist kan hulle doen
maar by die wals het hulle
oor hul voete geval
opgeruk stap sy na die
eerste chippendale
hy was onvas op sy voete
en sy het gestruikel en geval
gee my mier spier bene
sê sy
en roep die jong
miermanne nader
Leave a Reply
Be the First to Comment!