1109) nog ‘n jaar is verby

1109) nog ‘n jaar is verby

‘n jaar vol storms
wat geloof getoets het

baie seer en hartseer
is in jou lewe
maar onthou

die Hemelse Vader sien
jou elke dag

Hy sal jou krag gee
om in hierdie wêreld
‘n holte vir jou voet te vind

Hy het ‘n kindjie aan jou toevertrou
en sal jou die genade en krag gee
om haar met sorg en liefde
groot te maak

daar sal altyd storms en
faktore buite jou beheer wees
maar met die krag van God
sal jy dit kan hanteer

ek is altyd beskikbaar
om jou by te staan
ek bid vir jou
vir krag en leiding
vir sonskyn
en lag in jou lewe

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz