1115) ek wil vroetel

1115) ek wil vroetel

moet nie jou veiligheidsgordel aansit nie
sê die aantreklike jongman
vir die mooi 18 jarige meisie

die sportmotor grom teen 160km/h
‘n rooi streep op die swart pad

sy stoot haar mini rokkie op
om die warm middag son te geniet
hy kyk af en fluit

sy kyk op en sien die reuse trok
wat op hulle afpeil
te laat sien hy dit
sy ruk die stuurwiel

die trok rommel verby
die rooi motor begin tol
rol drie keer
sy val uit met haar gesig
op die teer

toe die stof daal
kruip die jong man
uit die wrak
stof sy broek af
en kyk rond

die 18 jarige meisie
lê gekreukel in die pad
met dertig snye op haar gesig
sy is nie meer mooi nie

die jongman gril
en begin huil

hy het haar nooit weer gesien

sy is nou ‘n karate meester
en dra ‘n swart sitplekgordel

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz