1121) kanaal 1

1121) kanaal 1

met die kontrole
kan ek my lewe verander

ek druk kanaal 1
ek is een jaar oud
en suig aan my ma se bors
ek voel veilig en warm

ek druk kanaal 3
my boude brand
ek het ka-ka doek
al ‘n halwe dag aan

ek spring na kanaal 6
ek sit en kyk ‘n movie
VSL 16
ek sien hoe die ouens
mekaar donner
hulle vry dat
my hare rys

ek spring ‘n paar kanale
en stop by 13
ek is ‘n mooi outjie
het die meisies van my
buurt gesê
hulle het my vasgedruk
ek kan nie anders nie

ek druk 18
en sien ‘n groep jong mense
wat kniel
elkeen moet iets kosbaar
vir die Here gee

ek sien myself
in my hand herken ek
die kontrole

ek gee dit vir Jesus

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz