1125) iets vreesliks gaan gebeur
sy sit voor die venster
die reëndruppels gly traag
teen die ruit af
die skoon strepe
soos teerpaaie
herman is oppad
na soveel jare
het hy haar gebel
hy wil haar weer sien
na al die jare
sê hy
het hy besef
sy is al een
hy het ‘n groot fout begaan
om vir bruin bene
en breë mond lag
te val
sy glimlag en onthou
sy kort swart baard
sy ys blou oë
jou bliksem sê sy
vir haarself
jy weet nie van die
groot pothole by die brug nie,
hy het altyd
vreeslik gejaag
Leave a Reply
Be the First to Comment!