1134) stomend
ons staan teenmekaar
amper opmekaar
ons gee nie om nie
toepaslik begin die tromme
ek dink ek kan
sy glimlag breed
‘n hunk het ek hier
op die eerste date nogal
die stoom spoel oor die voete
die beat
ek dink ek kan
ek dink ek kan
droomoog gee sy die pas aan
haar smelt-lyf spoor hom aan
net solank ons nie
vanaand ontspoor nie,
dink sy
die beat gaan voort
ek dink ek kan
ek dink ek kan
ek dink ek kan
120km per uur haal
sê die paartie treintjie windgat
dit ruk en rol
dit ruk en pluk
skuur van plesier
in die waens agter
die fyndraai sien
treintjie te laat
sy word wakker
sy stoom in sy moer
sy het soveel verwag
hy het so gou
stoom verloor
Leave a Reply
Be the First to Comment!