1151) lank lank gelede
lank, lank gelede
het adam in die paradys rondgedwaal
hy was ‘n diereliefhebber
en het al die name geken
hy was ‘n voël liefhebber
en het al die name geken
hy was ‘n insekliefhebber
en het selfs die miskruier
op sy naam geken
kruiwa was sy beste vriend
maar hy was op soek
na die vermiste skakel
dit was soos ‘n rugstring
met ‘n werwel kort
die gedurige geknaag
het hom moerig gemaak
hy skreeu toe
God waarom teister Jy my
daar skort iets
ek weet nie wat nie
ek het al die
birds, bees, flowers and the trees
God sê
adam jy het gesoek daarvoor
eva kom aangestap
en sê
adam kom sny die gras
Leave a Reply
Be the First to Comment!