1159) G p s

1159) G p s

ek stel my gps
g vir genesis
waar alles begin het

ek reis deur die paradys
en sien vir adam
eenkant en alleen

ek kom by rigters
leermeesters wat die hardkoppige
jode probeer leer

ek sien vir job op die ashoop
en besef ons word dikwels getoets

dit word te veel
dan gaan drink ons
en verneuk ons vrouens

by prediker luister ek aandagtig
en vertrek veel wyser

ek sien hoe judas
die geld vat

ek reis verby die tuin
van getsemane
en hoor ’n man wat bid
en bid

by die kruis stop ek
ek sien die bloed
nog vars aan die hout

ek reis deur die dorpie nasaret

ek sien drie wyse manne

nou weet ek

JESUS lewe
JESUS lives
JESUS lebt

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz