1167) ek skryf gedigte vir jou
as ek jou lig sien straal
en opkyk
sien ek die volmaan
vrou in al jou glorie
ek sien jou reis
deur die lugruim
opgewonde oor die nuwe reis
jy lag en lag
die nuwe rit
’n nuwe date
’n bietjie later
die opsitkers
kort gebrand
jy skop hom af
na sondagkant
jy glimlag weer vir my
in laatnag
ek skryf
weer gedigte
vir jou
Leave a Reply
Be the First to Comment!