1172) my matras en jou kombers …

1172) my matras en jou kombers …

watter een moet jy kies
die outyd se matras
het coil springs ingehad

wat met voeltjie tjirp
almal wakker maak

of die balsak
vol vere wat
glad rondgly
sonder doel

vandag is daar die
duisend pocket matras

‘n tier kan langs jou lê
sonder dat jy dit agterkom

geen wonder sy het
jou gelos nie

die nuuste matras
het skokbrekers
dit spaar die rug

het ook nog memory spons
dit onthou die moves

stay true
gemakslae is ingebou
jy is soos ‘n 4 x 4
bly op die pad

as jy meer wil weet
skakel 012-918-6167

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz