1173) ons is anders

1173) ons is anders

ons is hardegat
ons is, ons is
ons eie baas

ek luister nie
volg my eie kop
vierkantig is my kop

die riviere van die lewe
spoel oor ons
wie is ons om te dink
ons is anders

die storms bars los
die stroom sterker
ons rol en rol
die hoeke afgeskuur

ons rol en val
vinniger en vinniger
op pad na die see
om uitgespoeg te word

‘n spoelklip swart gebrand

was die lewe
die moeite werd

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz