1178) watter sprokie
wil jy hê
ek moet skryf
ons almal droom
van ‘n rooi motor
‘n egter leer jacket
david crocker skoene
vyfduisend rand
en drie kredietkaarte
in jou beursie
‘n oop nag vanaand
as ek omdraai
kraak die enkelbed
die lendelam stoel wieg onder my
ek begin skryf
myself uit hierdie wêreld uit
ek skryf ‘n sprokie
oor sneeuwytjie
oor koning arthur
die onskuldige rooikappie
die seksie barbie doll
ek skryf ‘n
sprokie vanaand
maar daar is nog
iets missing …
Leave a Reply
Be the First to Comment!