1206) smeekroep

1206) smeekroep

moet asseblief nie
vanaand nie
hendrik
luister na my
jy het vier kinders
jou dogtertjie verjaar
jy kan dit hier
ook vier
los asseblief jou
dronkgat pelle

dit was vyfuur gewees
dit is nou sesuur

die blou ligte flits
in die misreen
die bakkie le op sy dak
opgefrommel

‘n bruin beertjie vasgeklem
teen hendrik se bors

hy het vergeet om sondag
‘n geskenk vir sy
verjaardag meisiekind
te koop

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz