1208) gigolo
ek check my bankstaat
salaris R8000
huur 4000
motor 3000
petrol 2000
klere 1500
krag 1000
ek vreet nie eers nie
ek teer vir die res
nie lank nie dan
is ek in die kak
die ouerige dames
antwoord my advertensie
wil my sommer op ‘n
20 000 vakansie vat
maar wie gaan die
budget balanseer
vra ek
sy plus 50%
as ons eet
vreet sy
haar koffie
slurp sy
as ons tan
stryk ek die plooie
ek olie haar glad op
die wit strand
sy glimlag en sê
more begin ons
volgende vakansie
Leave a Reply
Be the First to Comment!