1219) saterdag is groot voël dag

1219) saterdag is groot voël dag

het hulle vanaand op TV gesê
daar moet soveel moontlik
inskrywings wees aangesien
die voortbestaan van die grootvoëls
ernstig bedreig word

grootbek indiese myna
het eerste ingeskryf
en ‘n kans gevat
hy is maar ‘n klein voeltjie

hadida het met ‘n moerse
lang wurm tweede gestaan
maar is gediskwalifiseer

houtkapper was daar met sy byl
maar is toe ontwapen
en huistoe gestuur

aasvoël was ook in die ry
maar is gou verwilder
hy het vreeslik gestink

ooievaar was toegelaat om
in te skryf
net omdat hy in die
onderwêreld bedryf is

paddavanger was ook in die tou
hy is teruggestuur
dit was die verkeerde kompetisie

renoster voël het ook ‘n goeie kans
muisvoël het nie eers probeer nie

toe arend vorentoe tree
toe lig die wenkbroue
hier is ‘n meneer

troetelvoël was ook daar
maar kon nie eers
die maatstok haal nie

toe die koekemoer voël omkyk
en sien  volstruis
staan agter hom

skuif hy stil stil weg

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz