1220) sondag oggend na woes
ek vat my bybel
onder my arm
en luister na dominee
se temerige stem
ek stap uit
by die volgende kerk
stap ek in
welkom broer
sê hulle
by die nuwe gees kerk
hulle sing ou liedjies
voor my tyd
ek stap uit
ek stap hier in
‘n moerse groot saal
waar die mense sing
en klap hande
‘n vreugde fees
vir Jesus ons Verlosser
klap julle hande
uiter sy naam
Jesus ons Verlosser
is hier
ek was stomgeslaan
en begin kraakstem saamsing
ek het ook
’n ewigheids stem
Leave a Reply
Be the First to Comment!