1226) slurp

1226) slurp

in jou oë
sien ek die kratermaan
glinster

jou wolklyf omvou my
jou vog nat lip
koel my

ek is nog dors
ek is honger

ek verorber jou kartelings
jou dryfsmaak wek my

ek slurp die res
van jou op
en strek my behaaglik

uit op die jong
wit wolkie
 langs jou 

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz