1250) die jaar 2095
in die stad van zing
die laaste dae
die geklop
van die zikratromme
pols deur die stad
die nuwe jaar zir
die jaar van die glas
is hier
dit is die jaar van
vry wees
deursigtig wees
los wees
dronk word
alles is ok
solank jy deelneem
die eerste vyf pers
drankies is verniet
maar dan moet jy
nog tien koop
die groengeverfde kaalbors meisies
se borste word soos pistole
gerig op die swetende manne
vanaand is die aand vir zex
lywe krul, pelvis grinds
dit is ‘n lekker plek die
gebou op die as van sodom
en die toring van babel
histories histeries
dit sweet, dis hot
ver weg
kruip die vuurkring nader
verorber die stad
straat vir straat
dis hot hier
die pers dop verkoop
dop vir dop
nuttelose geld word vermors
die barman spring
oor die counter
sy gat aan die brand
die zikra tromme
word stil
net die geknetter
van die vlamme
hoor ek
ek sien noag
met ‘n emmer water
Leave a Reply
Be the First to Comment!