1264) hoe gaan dit?

1264) hoe gaan dit?

hoe gaan dit?
vra sy
ek het haar stem
tien jaar laas gehoor

kak sê ek toe
het ’n vrou en drie kinders
en baie skuld

ek het jou mos gesê
trou met my
en my pa sal vir ons
’n mercedes en ’n plaas gee

jacobus het toe met my getrou
ons het nou 4 mercedesse
en 4 plase

ek verlang nog steeds
na jou

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz