1270) n ou hart
toe ek klein was
het ek hartseer geword
as my speelgoed breek
as my sussie huil
as my pa met my ma raas
dan was my hart seer
en ek het baie gehuil
toe ek tiener was
was my hart baie seer
toe my meisie my gelos het
gelukkig is my ou hart
nou al so vol eelte
dit kry nie meer seer nie
maar as ek na jou kyk
kry my hart so seer
jou hart se baie seer
lê nog voor
’n vrou se hart
kan nie eelte kry nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!