1273) Dit is HARTRUK

1273) Dit is HARTRUK

ek gee die verlede terug
stuk-stuk terug

die pyn-seine ruk
my amper terug

maar ek ruk terug
jy het dit aan my
gedoen
die pynseine ruk

tevergeefs

soos wat jy vir my
op my verjaarsdag
in 2001 gegee het

van my dosyne kerse
deel ek uit
julle kan maar die hartseer
die brandwas deel

dit is hartruk om
die reste uit te gooi

maar nou is jy vry
en loop nie meer
elke dag

onder die swart sambreel nie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz