1274) Ek was in my moer

1274) Ek was in my moer

verdwaal
ek weet ek is by ’n kruispad

watter pad is die vraag
dit is skemer
en die tyd is min

ek vat my flitsie
in die flou lig
lees ek my padkaart

ek lees in die begin
nou weet ek waar ek begin het

ek flip verby adam en eve
hulle is te besig

by eksodus sê hulle regs
ek storm regs

by hooglied hou ek reguit aan
hier word te veel gevry

by fillipense staan paulus
in die pad
net soos ’n spietkop

kalm verduidelik hy
my die pad

dit was vir my ’n openbaring
toe ek by my bestemming uitkom

die pearly gates staan oop

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz