1288) Tik Tik Tik

1288) Tik Tik Tik

die sekondes tik, tik, tik
jou lewenstyd loop uit

jy kan nie tyd koop nie
jy kan nie tyd wen nie

daar kom ‘n tyd wat jy sal sê
as ek maar die tyd gehad het
as ek maar nie my tyd gemors het nie

dit vat maar net
om jammer te sê, 2 sekondes
om te sê ek het jou lief, 3 sekondes
dit is ‘n mooi opstel, 4 sekondes
mooi geskop, 2 sekondes

bliksem, donner, moer
net ‘n halwe sekonde

‘n draai by die rugby kroeg
neem vier ure

die atleet verbeter die rekord
die koerante sê 3 sekondes gewen

nou het hy die tyd om jammer te sê
hy gaan ure se tyd van kwaliteit terugkry

ek vat kortpad huistoe vanaand
ek score 30 minute

ek stap die huis in
ewe skielik hoor ek
Tik Tik Tik

dit is drie staanhorlosies
wat onverbiddelik tik
die huis is leeg en stil

sy is weg
ek het my nie gesteur
aan die getik
van die ewigheidsklok nie

my gadagtes dwaal
nou het ek baie tyd

om te sê ek is jammer
ek het jou lief
jy is mooi

my stem bons terug
pragtige woorde
wat ek nou vir die eerste keer
uit my mond hoor

ek dink aan tyd
kwaliteit tyd, gesinstyd,
tyd gemors, drinktyd
speeltyd, vrytyd

maar die belangrikste
het ek vergeet
Ewigheidstyd

gee tyd vir Jesus
en hy sal vir jou
tyd vir ewig gee

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz