1319) It must be love
dink ek
toe ek haar sien
met haar dun yl hare
en traan oog
my hart bons onkeerbaar
ek kyk in die spieël
en sien die bleskop
die rimpel gesig
ons verjaar
op dieselfde dag
sy is sewentig, ek’s tagtig
it must be love
sê ek weer vir myself
dinge gebeur altyd te laat
ek moes gedoen het
toe ek moes gedoen het
’n vrou met ’n goue hart
laat jy nie verbygaan nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!