1326) Afsê brief
ek kyk weer en weer
na die vergeelde brief
jy het dit vir my geskryf
dit was jou afsê brief
die totsiens soen
wat bloedrooi
onder pryk vertel
sarkasties
nooit weer sal jy
hierdie lippe soen nie
sinies dink ek terug
waarom het ek dit gewaag
om vir minora te knik
ek het al ’n duisend gesoen
maar soos altyd
vou ek jou brief oop
jou afsê brief
vir 30 jaar al
Leave a Reply
Be the First to Comment!