Jy het seker baie gelag
die dag
toe jy my gemaak het
jou klei was seker te min
daarom is ek so kort
daarom is my rug so krom
die oorskiet wou jy nie weggooi nie
my ma het altyd gesê
van oorskiet kan jy nog iets maak
daarom gooi jy sommer nie
oorskiet weg nie
dit was ek
Leave a Reply
Be the First to Comment!