1341) Ek soek n maat
Hoog bo
tussen die lang
maer vlieswolke
vlieg hy op die windstrome
elke jaar kom hy
vanaf sy bergwêreld
na paarland
sy skril gefluit
weerklink teen die koppies
seil oor die vlaktes
dit is nou al 30 dae
dat hy roep
sy maat van laasjaar
is nie hier nie
min weet hy
sy hang verstrengel
in die drade
van vooruitgang
swaarmoedig vlieg hy terug
na sy bergtop
waar hy vir jare
tevergeefs sal wag
en roep
totdat sy stem so hees is
soos die van ’n kolgans
Leave a Reply
Be the First to Comment!