1349) Koepon 2
ek hoor vêraf die gesing
ek het nog nooit
’n engel hoor sing nie
by die deur kry ek
’n boekie koepons
ek kyk na die koor
en sien die kinders
dit is hulle wat nie
volgens GODS plan
gevorm is nie
ons draai gewoonlik
ons koppe weg
maar hulle sing
uit volle bors
Jesus min my salig lot
EK WEET EK IS ’N KIND VAN GOD
ek haal my masker af
om my trane af te vee
ek los my masker
en met my boekie koepons
staan ek buite
en kyk op na die hemel
en sê
vanaand is U hier
op aarde
Leave a Reply
Be the First to Comment!