1352) koepon 3
Met my koepon boekie
gaan ek na die restuarant
ek bestel ’n groot glas druiwesap
en maak die boekie oop
die volgende koepon
is van dun ryspapier
… Genesis … lees ek
vasgevang lees ek van
adam en eva en die slang
ek lees van noag wat ’n wingerd plant
dronk word en kaalgat rondloop
ek lees van abraham
en sy vertroue in God
ek lees van kaanan
waar alles verniet is
jy hoef nie te spin
and win nie
ek bestel ’n reuse T bone
dit moes ’n spogbul gewees het
by die deur gee ek die koepon
vir die restaurant baas
hy begin lees en sy oë rek
hy gee my toe 200 rand kleingeld
ek het gesien op elke koepon
is daar honderde specials
opgewonde knyp ek die boekie
onder my arm vas
ek gaan nog baie
pret hê
Leave a Reply
Be the First to Comment!