1364) hulle raak lekker getrek
hulle raak lekker getrek en begin stry
hoe kan iemand ’n kruppel weer laat loop
hy het seker die kruk onder sy kleed gedra
sê judas, jy kan niemand deesdae vertrou nie
hoe kan iemand ’n blinde weer laat sien
hy het seker ’n gps onder sy kleed gedra
sê judas die tegnologie is ons ver vooruit
die seun van die mens kom in al sy glorie
sê petrus my seun kyk star wars ek glo
dat alles waar sal word .
johannes sê toe ek ken ’n Man wie se skape
net sy stem ken, hy is die goeie herder
judas raak toe rumoerig en soek nog drank
hulle gaan toe na die die kroeg
van delilla die hoer, sy vryf toe
’n duisend rand uit judas, hy was vol geld
soos ’n sun city slotmasjien
toe hulle paralytic gesuip was
is hulle huis toe in ’n gauteng safe cab
ek sal later vertel van die volgende dag
Leave a Reply
Be the First to Comment!