1365) Jy het gewys

1365) Jy het gewys

toe jy in die
laag swart nommertjie
ingestap kom
jy het net laat weet

swart ek het
sommer geweet
jy is my date
vir vanaand

maar ek het nie geweet
dat die ranklyf sanger
jou favourite is nie

hy het sy kitaar so gevry
seker gewens dis jy
maar teen ’n kitaar
met twaalf snaar

teen my een
kitaar snaar

kon ek jou
nie betokkel nie  

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz