1371) Waterloo van die liefde
Op kleuterskool was ons maatjies
ons het kospakkies gedeel
in standerd ses het ons vir die meisies geloer
todat hulle rooi geword het
klein gevoude briefies
het rondgevlieg
soos skoenlappers
in matriek het die eerste pyl my getref
my beste vriend het my meisie afgevry
my hart het gebloei
maar het gesond geword
die litteken is nou nog daar
op universiteit word my meisie swanger
maar ek was nie die pa nie
ek het baie seer gekry
op 25 dog ek toe ek het haar ontmoet
die troumars, die sjampanje, die speech
’n sprokies verhaal
twee sulke mooi mense, sê hulle
op 28 was sy gereeld by meetings
nou meeting sy en haar baas voltyds
my hart was stukkend geskeur
my wond was rou
ek het nou ’n pantser hart
en dra ’n dolk
Leave a Reply
Be the First to Comment!