1382) Waar wil ek wees
hoe kan jy my so ’n vraag vra
ek het ’n pen
en ’n skoon A4
ek skryf in die melkweg
ek reis tussen die sterre
kuier by venus
eet saam met die maan ( lees maanpaartie)
ski op saturnus se ringe
en skiet weg na alpha centaurie
’n reis wat ’n ewigheid sal duur
ek ontsnap van al die pyn en seer hier
ek het my pen en die melkweg om op te skryf
ek gaan vir ewig lewe
Leave a Reply
Be the First to Comment!