1390) Die belofte brekers
met jou vroom gesig
in troupak met blom
het jy daar ivoor lag
gestaan en wag
ek het die troumars
afgedraf
haastig om op die
slagveld te kom
eers was dit die knipmes
ek het bietjie gebloei
toe die broodmes
trane en bloed
het gemeng
toe pluk hy
die dolk uit
en deurboor my hart
min het ek geweet
op daardie dag
het hy al die dolk
gedra
Leave a Reply
Be the First to Comment!