1398) Die liefdes muur
ons almal het al geskryf
op die muur van die liefde
eers skryf ons
oor die blomme
en die bytjies
sneeuwitjie en
die sewe boyfriends
ook van prins charming
die meisies teken
net hartjies
selfs van die 12 jaar oud
klas briefies kan jy hier lees
tog te oulik
mooi is die lewe nou
sing die kinderkoor
die tiener briefies
lê verkreukeld rond
traan bevlek
is dit al wat mans wil hê
daar is selfs fotos
van stralende bruide
die kleuter ma
lyk moeg en afgerem
’n gebruikte pamper
is teen die muur geplak
daar word nie meer
gepamper nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!