1405) Ek hou van die wind
ek hou van die wind
wat tekeer gaan
ek hou van die vaal ou karoo
’n kontras
die ooslondon wind
ruk jou rond
praat dringend in jou oor
die port elizabeth wind
ruk jou terug en kam jou hare
die wind is te haastig
en laat geen boodskap
die kaapse wind fluister saggies
in jou oor, jy hoor die riete ruis
die vinke kwetter
jy hoor van die uil wat snags
saggies hoe-hoe, hoe sy
’n maat gevind het
die stormwind vertel van die
boot op die woeste see van die agt
wat al klaar verdrink het
die stormwind vertel van die
lovers fight wat niemand wen
die stormwind ruk jou rond
Leave a Reply
Be the First to Comment!