1408) Skeur die bladsy

1408) Skeur die bladsy

Toe ek nog klein was
het pappa vir my gelees

van die kaalgat adam en eva
klere was baie duur gewees
en adam het nie werk gehad nie

hy het my vertel

van die pad deur die rooi see
toe die wiele amper afgeval het
toe die israeliete getwyfel het

van salomo met sy baie vrouens
wat so baie jaloers was
en wat so baie met hom gebaklei het

hy was baie wys gewees
maar het tog baie gesweet

maar nou is ek groot
en wonder
hoe kan een vrou
’n man so baie laat sweet?

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz