1414) You`re my shelter
as ek styf teen jou lê
en jy my vashou
kan die lewens storms
maar ruk-ruk
aan die vensters
ek is nie deel van
die lewens oseaan nie
jy is my veilig boot
ek rus in jou kajuit
deur jou patryspoort
sien ek die stormsee
maar hier binne
is dit windstil
jou liefde maak
my stil
Leave a Reply
Be the First to Comment!