1420) Nou net gepluk
Om te sê
ek is jammer
dit kosmos niks
om te sê
ek is lief vir jou
ek het nou net langs
’n kosmos akker
verbygestap en gepluk
’n pienke vir haar sag oog
’n witte vir haar wattesag hare
’n rooie vir haar tuit bekkie
’n bonte omdat sy vrolik aantrek
my sag vyf jaar oud
liefling dogtertjie
kom en soen
my bek papnat
Leave a Reply
Be the First to Comment!