1452) ek is gewond

1452) ek is gewond

ek het seer gekry
en loop swaarvlerk

die aasvoëls
van hierdie lewe
sirkel bo my

hulle weet my bloed
lê streep op die grond

die strik was gestel
ek het opreg geloop

die slagyster
het my been gebreek

ek sleep my liggaam voort
as ek net daar kan kom

ek kyk af
en sien die kruis

die man met
die doringkroon

glimlag vir my
terwyl martelbloed
stroom

ek kyk af
die aasvoëls is
nie meer daar nie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz