1453) jy het gevra

1453) jy het gevra

waarom
is die maan rond

ek kyk op
en sien

die vriendelike maan
volrond en sag

die yl reënwolke glip
voor haar verby

sy kyk
na die skoon
gewaste aarde
en sê

kom ons maak
liefde vanaand

jy is vars
jy is seksie

ek sidder en sê
vir haar

my lief maan
jy moet my lewe lank

onbereikbaar
bokant my wees

jou baan bepaal
my gety

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz