1463) Ek wil jou aansteek

1463) Ek wil jou aansteek

Sien ek jou weer
jou lyf goed gebruik

maar in jou oog
nog ’n flou vonk

jare gelede het jy gesê
vir altyd

ek het ook gesê
vir altyd

hy het gekom
gespeel op jou hormoon

jy is amper uitgebrand
maar ’n kooltjie gloei

ek druk jou lyf
jou vuur gloei
15 grade

na die kerslig eet
spark jou oog

jou lyf vertel
en vonk

soos lank gelede

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz