1466) My ster man
ek het jou gevind
tussen die duine
in die woestyn
jy moes ver geval het
maar was nog
nie uitgebrand nie
ek het jou met
soutwater afgespoel
die korrels van jou
voorkop afgevee
jou styf teen my
bors gedruk
totdat jou hart
weer klop
my optel man
my sand man
my tweede kans
ek sal keer
dat die wind
jou nie weer
sal korrel nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!