1488) Boer soek ‘n vrou

1488) Boer soek ‘n vrou

hy het geadverteer
in die hitching post

in die landbouweekblad
tussen die verse advertensies

by die opsitkers het hy al
dosyne kerse opgebrand

die meisies het
by die dosyne opgedaag

maar hy wou nie die een
wat die ma van sy baby is
hê nie

toe adverteer hy weer

fris jong brahman bul
soek ‘n versie wat

plaasbrood kan bak
‘n seperator se slinger kan draai

‘n john deere trekker kan ry
‘n vier by vier dubble cab kan bestuur

wat nie bang is
vir plaashonde en bosluise

daar daag toe net 3
honderd en vyftig ponders op

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz